Lede van Thabong-polisie was besig met hul misdaadvoorkomingspligte toe hulle op Saterdag 1 Julie 2023 omstreeks 22:14 na ‘n skietvoorval by ‘n taverne ontbied is.
Met hulle aankoms is ‘n 22-jarige man gevind waar hy op sy rug gelê het met ‘n skietwond in sy buik. Hy is deur sy broer uitgeken.
Daar was ook ander slagoffers wat skietwonde opgedoen het en in een van die hospitale in die Goldfields-gebied opgeneem is.
Die polisiespan het twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 30 jaar oud, op Maandag 3 Julie 2023 omstreeks 14:00 in hegtenis geneem.
Die twee verdagtes is aangekla van moord en vier aanklagte van poging tot moord. Hulle sal op Woensdag 5 Julie 2023 in die Welkom-landdroshof verskyn.
Twee bykomende verdagtes is steeds op vrye voet en die soektog na hulle word voortgesit.



