Voetganger doodgery, niemand in motor beseer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ongeïdentifiseerde man is dood nadat hy vanoggend op Ou Noordkusweg naby Stonebridge, KZN, omgery is.

’n Lid van Reaction Unit South Africa (Rusa) was omstreeks 06:54 op patrollie in die gebied toe hy op die toneel afgekom het. Daar is vasgestel dat die voetganger dood is nadat hy deur ‘n wit Toyota Quantum-taxi getref is. Volgens die bestuurder van die minibus het die voetganger skielik die pad oorgesteek wat hom min tyd gegee het om te reageer.

Die insittendes van die Toyota Quantum is nie beseer nie.