Wêreldbekende sepie- en televisie-akteur sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Nicolas Coster, wêreldbekende sepie-akteur, het Maandag in die ouderdom van 89 gesterf.

As ‘n boorling van Londen is hy in Kalifornië grootgemaak, maar hy het in Engeland by die Royal Academy of Dramatic Art sowel as by teaterdirekteur Lee Strasberg in New York studeer.

Coster is ‘n veteraanakteur wat onthou sal word vir sy rolle in Santa Barbara, Another World, All My Children en vele meer.

Dinneen Coster, sy dogter, het die nuus van haar pa se dood op Facebook gedeel.

“It’s with great sadness that I am posting this to my father’s book page, Nicolas Coster passed on this evening in a hospital in Florida. Please remember him as a great artist. He was an actor’s actor! I will always be inspired by him and know how lucky I am to have such a great father!! Rest In Peace.”

Chrystal Ayers het in ‘n verklaring bevestig dat Coster na ‘n lang stryd met kanker oorlede is.

Hy het meer as 100 film- en televisiekrediete.

As watter karakter sal jy hom die beste onthou? Is dit Lionel Lockridge, Robert Delaney, Eduardo Grimaldo aka Anthony Makano of enige ander karakter van ‘n sepie of program wat jy gevolg het?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.