‘Die tweede DNA-toets is anders,’ sê vrou wat beweer sy is ontvoerde Maddie

Deel hierdie storie / Share this story

Julia Wandelt, die vrou wat bekend geraak het nadat sy beweer het sy is die ontvoerde Maddie McCann, sê nou dat sy weer DNA-toetse laat doen het na die oorspronklike toetse gewys het sy is nie Maddie nie – en dat die nuwe toetse se uitslae “anders” is.

In ‘n verklaring sê Wandelt sy het glo DNA-toetse by twee verskillende maatskappye laat doen en dat die DNA-toetse se uitslae van mekaar verskil.

“Ek het nie nodig om enigiets aan enigiemand te bewys nie. Ek was gefokus op wat mense dink, maar ek gee nie nou meer om nie,” sê sy.

Lees haar verklaring hier: