Madonna is uit die hospitaal ontslaan en sterk tans by die huis aan nadat sy in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem was.
Die nuus is deur haar bestuurder bekendgemaak. Sy het glo ‘n bakteriële infeksie gehad.
Die 64-jarige ster het ‘n wêreldtoer van sewe maande beplan gehad, maar moes dit noodgedwonge uitstel.
Sy is deur ‘n privaat ambulans na haar huis in New York geneem.
Die toer, wat oor twee weke in Kanada sou begin, sou Madonna in 45 stede regoor die wêreld laat optree het.



