“As jy van kaaskoek hou, probeer hierdie resep. Jy kan iets soos aarbeie of bloubessies bo-op pak – eintlik enigiets, want die koek is nie sterk gegeur nie. Selfs jou gunstelingkonfyt sal werk!”
Bestanddele
200 g koekies (9 biscuits), fyngekrummel
125 g botter, gesmelt
2 x 397 g blikkies kondensmelk
250 g gladde maaskaas
250 g roomkaas
½ k suurlemoensap
Metode
Meng die koekiekrummels en botter. Smeer ʼn 20cm-pan en druk die koekiemengsel teen die bodem en kante vas. Verkoel. Klop die res van die bestanddele saam en skep oor die koekiebasis. Bak 15 minute by 180ºC. Laat afkoel in die bak en verkoel tot koud.
Plasing: Herniette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



