Verdagte vir ‘moord’ van raadslid in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

‘n Verdagte in die moord van die raadslid by die Rustenburg- plaaslike munisipaliteit Tsietsi Mohulatsi is in hegtenis geneem.

Mohulatsi se liggaam is op4 Oktober 2022 in sy voertuig gevind. Hy is glo beroof en sy bankkaart is gebruik om klere in Rustenburg en Pretoria te koop.

Makintane Kabelo Machete (29) is Maandag op Bekkersdal in hegtenis geneem. Hy word aangekla van moord, ontvoering, roof, bedrog en oortreding van die immigrasiewet.

Hy sal op 24 Augustus in die Bafokeng-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPS

Lees ook: Myneienaar in Kimberley in hegtenis vir beweerde bedrog