Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
’n Myneienaar in Kimberley het homself gister aan die Valke oorhandig na hy glo ’n sakeman van die VK uit ongeveer R147 miljoen bedrieg get.
Christopher David Kimber (62) is op twee aanklagtes van bedrog en twee aanklagtes van geldwassery in die Kimberley-landdroshof voorgekom.
Dit word beweer dat Kimber in 2013 ’n sakeman van die VK ontmoet het oor ’n 50% belegging in sy besighede. Die sakeman het R147 miljoen in Kimber se rekening inbetaal, maar die belegging is nooit gemaak nie.
Die sakeman het toe ’n klag by die polisie aangemeld.
Kimber sal weer op 17 Augustus in die hof verskyn. Hy is vrygelaat op borg van R100 000.
Bronne: SAPS
Lees ook: Jong man (19) in hegtenis wat vliegtuigdeur tydens vlug probeer oopmaak



