Polisie vra hulp na liggaam van jong man gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Suid-Afrikaanse polisiediens op Apel in Limpopo ondersoek ’n saak na die liggaam van ’n onbekende jong man Sondag gevind is waar dit in die Lepelle-rivier dryf.

Die polisie het inligting ontvang oor ’n verdrinking en het die jong man, wat 19 blyk te wees, se liggaam uit die rivier gehaal.

Die polisie vra enigiemand wat die man kan identifiseer of sy familie kan opspoor om AO Sebetha te skakel by 082 565 7602 of Crime Stop by 0860010111.

Bronne: SAPS

Lees ook: Umlazi-vrou glo deur paramedici in kritieke toestand agtergelaat