‘n Voertuig het gister, Donderdag 29 Junie 2023, op die N2 naby Mandeni-tolhek in KwaZulu-Natal omgeslaan.
IPSS Medical Rescue was saam met ander nooddienste op die “chaotiese” toneel waar 22 beseerdes aangetref is.
Met spanwerk tussen IPSS Medical Rescue, Netcare 911 en EMRS is die beseerdes vir geringe tot kritieke beserings behandel.
Een persoon wat kritiek beseer was, is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici geventileer.
Altesaam 10 ernstig beseerde persone is onder toesig van IPSS gevorderde lewensondersteunende paramedici vir verdere mediese sorg na geskikte fasiliteite vervoer.
Die oorblewende 11 persone wat meer matige beserings opgedoen het, is op die toneel behandel alvorens hulle ook deur verskeie nooddienste vir verdere mediese hulp vervoer is.
Alle rolspelers wat op die toneel betrokke was, wat RTI, SAPD en Rural Metro Fire insluit, is bedank.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



