Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, het gesê hulle gaan appèl aanteken teen die Pretoria-hooggeregshof se besluit om die Zimbabwe-vrystellingspermitte te verleng.
Hulle gaan ook appèlleer teen die verklaring dat sy opskorting van die permitte onwettig, ongrondwetlik en ongeldig was.
Motsoaledi se woordvoerder het gesê: “Die minister het die beoordeling nagegaan en het advies van sy prokureurs gekry. Dit kan nie aanvaar word nie, want dit skep ‘n gevaarlike presedent”.
‘n Volle regsbank van die hooggeregshof het dié week die Zimbabawiese vrystellingpermit vir nog ‘n jaar geldig verklaar en gesê Zimbabwiërs moet toegelaat word om in die land in te kom of dit te verlaat sonder om in hegtenis geneem te word.
Bronne: IOL, News24, GroundUP
Lees ook: Hof verklaar opskorting van Zimbabwe-vrystellingspermitte onwettig



