Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Owerhede het bekendgemaak die dodetal in die KwaZulu-Natalse storm het tot sewe gestyg na twee liggame Donderdag in die Bayhead-gebied uitgespoel het. Nog een persoon word vermis.
Sover is 70 huise in die storm vernietig en 150 mense is haweloos gelaat.
Die provinsie is Dinsdag na ‘n tornado deur swaar reën getref.
Inwoners het gevra die regering moet hulle na veiliger gebiede verskuif.
Bronne: ECR, eNCA, Briefly
Lees ook: KZN-inwoners gewaarsku om versigtig te wees na tornado



