Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Meer as 600 mense is in hegtenis geneem en minstens 200 polisiebeamptes is beseer in die derde nag van onrus in Frankryk na die skietdood van ‘n tiener (17).
Naël M. (17), ‘n Algerynse seun, is deur ‘n polisieman doodgeskiet by ‘n padblokkade in Parys.
Die polisiebeampte (38) is gister aangekla van moord en is in hegtenis geneem.
Onrus heers in verskeie dele van Parys met brande wat gestig word, winkels wat geplunder word en aanvalle op die polisie.
Naël is Dinsdagaand doodgeskiet by ‘n padblokkade waar hy glo gedreig is en geskiet is toe hy probeer wegry het. Die geïmpliseerde polisiebeampte het gesê Naël het op hulle afgejaag, maar in ‘n video op sosiale media word gesien hy en ‘n kollega het Naël met ‘n vuurwapen gedreig en hy het hom geskiet toe hy probeer vlug het.
Bronne: Kiro7, The Guardian, CNN
Lees ook: Polisie vra hulp na liggaam van jong man gevind is



