Drie in hegtenis wat ‘onwettige’ inisiasieskool oopmaak

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Drie verdagtes is gister in Mahikeng en Lehurutshe in hegtenis geneem vir ontvoering en oortreding van die inisiasiewet.

Die verdagtes is in hegtenis geneem na ouers hulle kinders as vermis aangemeld het in Mahikeng en Lehurutshe. Die ondersoek het na ’n onwettige inisiasieskool buite Mahikeng gelei.

Die verdagtes het glo seuns na die skool gelok en dan die ouers gebel en geld vir die veiligheid van die kinders gevra. Omtrent 40 seuns is gered en na ’n plaaslike hospitaal vir behandeling geneem.

Een van die verdagtes het vandag in die Lehurutshe-landdroshof verskyn en die ander twee sal Maandag in die Molopo-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPS

Lees ook: Umlazi-vrou glo deur paramedici in kritieke toestand agtergelaat