Die Carolina-hospitaal in Mpumalanga is in die vroeë oggendure van Saterdag 17 Junie 2023 na bewering aangeval, waarna vier verdagtes tussen die ouderdomme van 17 en 21 jaar oud deur die teen-bende-eenheid van die polisie in hegtenis geneem is.
Brig. Selvy Mohlala sê die beweerde verdagtes het die hospitaal ingestorm, personeellede aangeval en sommiges aangerand. Hulle het persoonlike besittings, soos selfone, van die personeel geroof en het selfs die hospitaalperseel gevandaliseer.
Volgens inligting is ‘n man met skietwonde glo na die hospitaal geneem en het beswyk. Sy dood het na bewering tot die amok en verwoestig gelei.
Hospitaalpersoneel is geskok deur die gebeure. Die gedrag is deur owerhede sowel as die publiek veroordeel.
Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela het beloof dat die booswigte aangekeer sal word, wat ook gebeur het.
Tydens inhegtenigsneming van die verdagtes is ‘n selfoon wat die betrokke dag tydens die roof gebuit is, teruggevind.
Die verdagtes sal na verwagting Maandag 3 Julie 2023 in die Carolina-landdroshof op klagtes van opsetlike saakbeskadiging, besigheidsroof en besit van gesteelde eiendom verskyn.
“We cannot allow our health facilities as well as the workers thereof to be working in fear of lawless individuals who parade themselves as gangsters thereby instilling fear amongst the communities. That will have to stop and it will never be allowed as long as we as the police are here. We are working very hard to ensure that each one of those that were involved in attacking our health facilities especially in the incidents that were recently reported. We will not rest until we bring each one of them to justice like we did with these four suspects” het generaal Manamela gewaarsku.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



