Bruidegom sterf kort na seremonie begin

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

’n Bruidegom is oorlede minder as ’n uur na sy trouseremonie begin het. Toraze en Johnnie Mae Davis het op 19 Junie in Nebraska, VSA getrou.

Minder as ’n uur na die seremonie begin het, het Toraze inmekaargesak en ’n ambulans is ontbied.

Die dokters het gesê Toraze het ’n bloedklont gehad. Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

’n Aanlyn fondsinsameling is begin om te help met die begrafniskostes en om te help met die onderhoud van die paar se kinders.

Bronne: IOL, NZ Herald, The Independent, NBC News

Lees ook: Myneienaar in Kimberley in hegtenis vir beweerde bedrog