Verdagte wat glo halfsuster doodskiet en stiefma wond gee homself oor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Beweerde verdagte, in sy 50’s, wat van moord en poging tot moord verdink word, het homself Dinsdag 27 Junie 2023 aan die polisie in Lenasia, Gauteng, oorgegee.

AO Mmako Mophiring sê na bewering het die verdagte op 21 Junie 2023 omstreeks 18:00 by die huis in Poelong-woonbuurt in Qwaqwa, Vrystaat, waar sy stiefma (81) en halfsuster (47) by die huis was, aangekom, ‘n uur voor die beweerde misdaad gepleeg is.

Hy het glo ‘n argument met sy halfsuster en stiefma in die kombuis gehad oor sy pa se eiendom wat hy teruggeëis het.

Tydens die argument het hy glo ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en verskeie skote na die twee vroue geskiet.

Hy het van die toneel gevlug.

Die polisie het gevind dat die jonger slagoffer noodlottig gewond is en dat die ouer slagoffer in die nek gewond is.

Die stiefma, die ouer slagoffer, was eers in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal opgegeem, maar is later na ‘n gewone saal verskuif.

Sake van moord en poging tot moord is geregistreer.

Nadat die verdagte homself aan die polisie oorgegee het, is daar op die vuurwapen beslag gelê.

Die verdagte het na verwagting vandag in die Tseki-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.