Opod: Nog geen inhegtenisnemings in skietery tussen SAPD en JMPD-lede

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig nog geen inhegtenisnemings is gemaak na die skietery tussen ‘n SAPD-lid en JMPD-lid by ‘n nagklub in Johannesburg nie.

‘n Lid van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is na bewering deur ‘n SAPD-lid doodgeskiet in Braamfontein na ‘n alterkasie by ‘n nagklub vroeg Maandagoggend. Hy is op die toneel oorlede.

In video’s wat op sosiale media versprei, staan die JMPD-lid met ‘n geweer en probeer die SAPD-lid by sy voertuig uittrek om te baklei.

Die JMPD-lid sê glo dan vir die polisieman om sy eie geweer uit te haal. Sekondes later word ses skote gevuur en die JMPD-lid is op die grond met ‘n bebloede bors.

Opod ondersoek ‘n saak van moord.

Bronne: EWN, IOL, The Citizen

Lees ook: Ses mense dood in massaskietery in Durban