Twee persone is lig beseer toe ‘n vragmotor en sleepwa Dinsdag op die M27 in Mount Edgecombe, KZN omgeslaan het.
’n Verbygaande motoris het die ongeluk omstreeks 11:09 by Reaction Unit South Africa (Rusa) aangemeld. Reaksiebeamptes en Rusa-paramedici is onmiddellik uitgestuur en het met hul aankoms ‘n Mercedes Benz Actros en sleepwa op sy sy ontdek. Die sleepwa is met ‘n skeepsvraghouer gelaai. Die bestuurder en passasier het ligte beserings opgedoen.
Omstandighede wat tot die voorval gelei het, is nie in hierdie stadium bevestig nie.



