Sangeres Nádine, en spesiale vriendin van Derick Hougaard, het vanoggend op dag 18 van sy hospitalisasie, ‘n gesprek met Martin Bester op die program Breakfast with Martin Bester van die Jacaranda FM radiostasie gehad oor hoe dit tans met hom gaan.
Die hele Suid-Afrika het asem opgehou om daagliks te kon hoor hoe dit met hom gaan en het elke brokkie nuus verslind.
Nádine sê dat Derick reeds 36 uur lank self asemhaal en hy het vir haar gesê dat dit moeilik is om self asem te haal, siende dat hy na twee weke van ‘n ventilator gespeen is.
In die emosionele onderhoud sê sy ook dat hulle nog nie al die antwoorde het nie, maar dat hy met aspirasielongontsteking gediagnoseer was.
Sy verduidelik hy was fisies besig om te versmoor totdat paramedici by hom kon uitkom en vir mediese hulp na die hospitaal kon neem.
Nádine is oorstelp oor die ondersteuning van al die mense wat vir Derick lief is en dit sluit die publiek, familie en vriende in. Sy was nog elke dag langs Derick se siekbed saam met sy ma en suster. Sy sê verder dat almal verdien om te weet hoe dit met hom gaan en praat pertinent oor die mense wat dood oor Derick gespreek het en die beskerming wat om hom moes plaasvind.
Toe Derick hoor Nádine gaan die gesprek met hul vriend Martin Bester hê en sy vra of hy ‘n boodskap het, het hy skeef vir haar geglimlag en in ‘n fluisterstem gesê: “Sê dankie vir die mense vir die liefde”.
Nádine sê ook sy is seker dat hy self sal kom hi sê wanneer sy stembande eers herstel het en hy self opstaan en by die hospitaal uitstap.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



