Kyk video onder:
Die Economic Freedom Fighters (EFF) nooi belangstellendes om die storie van die EFF se bestaansjare oor die afgelope 10 jaar in ‘n gedig om te sit.
Dit kan jou moontlik R50 000 in die sak besorg.
Die gedig moet in een van die amptelike tale van jou keuse wees.
Om jou gedig in te skryf, kan effonline.org besoek word en die gedig elektronies opgelaai word deur op Essay te klik.
Lees die EFF se aankondiging hier onder:
Die Ekonomiese Vryheidsvegters nooi u uit om deel te neem aan die Gedigkompetisie as deel van ons tiende verjaarsdagvieringe. Vertel die storie van die EFF se bestaan die afgelope 10 jaar vanaf 2013. Gebruik die keuse van enige taal binne die amptelike tale van Suid Afrika.
Jou gedig kan jou ‘n wenner maak van R50 000!
Inskrywings sluit die 30 Junie 2023.
Laat jou woorde die EFF se geskiedenis ontsluit!
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



