Nog drie verdagtes is Maandagaand 26 Junie 2023 deur die ondersoekspan in die omstrede Thabo Bester-saak aangekeer.
Brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê die drie manlike verdagtes, van wie twee 47 jaar oud en een 37 jaar oud is, is al drie werknemers van G4S.
Een van die verdagtes is by sy woning in Botshabelo aangekeer, terwyl twee ander in hul wonings in Bloemfontein vasgetrek is.
Die drie sal na verwagting Woensdag 28 Junie 2023 in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Al drie staan tereg op ‘n aanklag dat hulle ‘n gevangene bygestaan het om uit wettige aanhouding te ontsnap, asook lykskending en korrupsie.
Tot dusver is 12 verdagtes in die saak in hegtenis geneem.
Nog inhegtenisnemings in die saak kan nie uitgesluit word nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



