Drie verdagtes wat na bewering werksoekers om die bos lei, is Maandag 26 Junie 2023 in Dogulasdale in Gauteng in hul kantore aangekeer.
Lt.kol. Mavela Masondo sê die polisie het inligting van ‘n indiensnemingsbedrogspul ontvang.
Volgens rapportering sou die verdagtes glo werksposte adverteer en aansoekers versoek om ‘n sekere bedrag geld vir ‘n polisieklaring en administrasie te betaal.
Tydens ondersoek is gevind dat al die inligting wat deur die verdagtes verskaf is, vals is.
Gauteng se Kommersiële Misdaadondersoekeenheid het die beweerde verdagtes in hegtenis geneem en vir bedrog aangekla.
Enigiemand wat ‘n slagoffer van die bedrogspul was, word versoek om met kol. Asogan Naidoo by 082 820 6174 in kontak te kom.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



