Tristan Geoffrey Valentine (21) is sedert 14:30 op 25 Junie in die Wes-Kaap vermis.
Hy is laas gesien toe hy Bloubergstrand verlaat het om of Bellville of Kaapstad toe te gaan om sy foon te laat regmaak.
Hy was in ‘n swart denimbroek en wit seilskoene geklee. Tristan het bruin oë en ligtebruin hare en is van gemiddelde bou en lengte.
Uitkenbare merke: tatoes “valentine” op bors, “misunderstood” aan nek.
Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in verbinding kom:
Table View SAPD – 021 521 3300
Missing Children South Africa – 072 647 7464

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



