Brosgebakte aartappels

Deel hierdie storie / Share this story

Die gereg is heerlik en minder vetterig as oliegebraaide tjips.

Bestanddele

4 groot aartappels
60 ml olyfolie
growwe sout
Verhit oond tot 200 °C.

Metode

Moenie die aartappels skil nie.
Sny kepe in elkeen, maar wees versigtig dat jy nie dwarsdeur sny nie.
Die kepe moet so 3 mm uitmekaar wees.
Sprinkel ’n bietjie olyfolie in ’n oondbraaibak en sit aartappels in.
Sprinkel res van olie oor aartappels en geur met growwe sout.
Oondbraai sowat 1½ uur in warm oond. Bedruip aartappels nou en dan met van die olie in die
oondbraaibak.
Wanneer aartappels gaar en lekker bros is, sit voor saam met kippers (gerookte haring).

Plasing : Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK