Vrou op pad werk toe beroof en doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou, vermoedelik in haar vroeë dertigs, is vroeër vanoggend omstreeks 06:30 in Edwin Swales voor South Coast-pad rigting Pinetown in KwaZulu-Natal op pad werk toe beroof en geskiet.

ALS Paramedics Medical Services is na die toneel waar die SAPD reeds teenwoordig was.

Die slagoffer, wat ‘n skietwond in die kop gehad het, is geassesseer en dood verklaar.

Omstandighede wat tot die insident gelei het, is onbekend en die polisie is besig met die ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.