Vyf jong mense dood toe voertuig van brug val en brand

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf jong lewens het tot ‘n einde gekom toe hul voertuig Sondag 25 Junie 2023 van ‘n brug op die hoek van Main Reef-weg en Croxleystraat in die Heriotdale-area, Germiston, Gauteng geval en aan die brand geslaan het.

Ekurhuleni- Metro polisiedepartement is na die toneel ontbied en sê een insittende kon uit die brandende wrak ontsnap.

Na bewering het die bestuurder van die voertuig, wat nog vyf insitenders gehad het, beheer verloor en die voertuig het van ‘n brug geval.

Die maroenkleurige Toyota Etios het onmiddellik aan die brand geslaan.

‘n Jong man (18) wat die ongeluk oorleef het en betyds uit die brandende wrak kon kom, is na die naaste hospitaal geneem.

Die ander vyf insittendes tussen die ouderdomme van 18 en 20 jaar oud is op die toneel dood verklaar.

EMPD het te kenne gegee dat ‘n saak van strafbare manslag by die naaste polisiestasie geregistreer sal word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.