Die Noord-Kaapse onderwysdepartement sê dit is kommerwekkend dat meer as 3 000 leerlinge tussen verlede jaar en Maart vanjaar swanger geraak het.
Die leerlinge is tussen 10 en 19 jaar oud.
Ongeveer 900 leerlinge raak elke drie maande in die provinsie swanger.
Die LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, sê die meerderheid van die jong moeders is in die landelike dele van die Noord-Kaap, soos die John Taolo Gaetsewe-streek.
Die onderwysdepartement het verlede week ‘n tienerswangerskapveldtog van stapel gestuur.
Volgens wat in die South African Journal of Child Health gepubliseer is, het die aantal geboortes onder meisies van 10 tot 19 jaar oud van 12 233 in 2019 tot 13 361 toegeneem.