Seun pleeg glo selfdood na hy afgeknou word

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun het glo selfdood gepleeg omdat hy na bewering geboelie en afgeknou was deur sommige van sy familie- en gemeenskaplede.

Bruce Shaba (17) van Limpopo het Donderdag 22 Junie selfdood gepleeg nadat hy homself glo gehang het.

Die polisie is na die huis ontbied nadat lede van die gemeenskap op hom afgekom het.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen nadat die seun se liggaam gevind is.

Shaba het op 19 Junie ‘n foto op sy Facebook-blad geplaas met die woorde “Imma just do me,when it feel”s Alright.”

Indien jy of iemand wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 567 567.