Twee vragmotors bots reg van voor – vermy area

Deel hierdie storie / Share this story

Twee vragmotors was vanoggend omstreeks 06:30 op die N2 Zinkwazi-pad in KwaZulu-Natal in ‘n ongeluk reg van voor betrokke. Motoriste moet liefs die area vermy.

IPSS Medical Rescue is tans op die toneel.

Dit word as ‘n aktiewe toneel met oorledenes en kritiek beseerde persone wat vasgekeer is, beskryf.

KDM-brandbestryders en landelike Metro-brandbestryders werk om die beseerdes te bevry.

Die N2 is gesluit en verkeer word oor die Zinkwazi-brug herlei.

Motoriste word versoek om met versigtigheid te bestuur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.