Twee persone is Vrydagmiddag ernstig beseer tydens ‘n motorongeluk wat op die N1 naby die New Road-brug in Midrand, Gauteng, plaasgevind het.
Emer-G-Med se paramedici het hulle na die ernstige motorongeluk gehaas.
Met aankoms is gevind dat twee insittendes van ‘n ligte motorvoertuig met ernstige beserings in die wrak vasgekeer is.
Gevorderde lewensondersteunende intervensie is gebruik om die twee beseerde persone te stabiliseer terwyl gebruik gemaak is van reddingskake om hulle van die wrak te bevry.
Die vroulike insittende is per helikopter na ‘n spesialisfasiliteit vir die tipe sorg wat sy nodig het, gevlieg.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



