Mosselbaai se padgebruikers word gemaan om met die aanbreek van die naweek en skoolvakansie veilig op die paaie te wees en zero toleransie ten opsigte van “dronkbestuurders” sal met dié gesogte vakansiedorp se “drankbus” gehandhaaf word.
Leon van Dyk, raadslid en die portefeuljevoorsitter van gemeenskapsveiligheid, sê die munisipaliteit het standpunt ingeneem.
Motoriste wat paaie in en om die Mosselbaai-area gebruik, word gemaan om versigtig te bestuur en veral op padverkeersreëls te let. Daar word pertinent versoek dat motoriste nie sal drink en bestuur nie.
Die raadslid sê die munisipale verkeersdienste het die naweek wat verby is ‘n operasie met die “drankbus” in die groter Mosselbaai-area geloods.
Tydens die operasie is alkoholvlakke deur die Dräger-asemtoetser gemeet.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



