Vyf vermeende dwelmhandelaars in Kimberley vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Span onder bevel van brig. Johan Myburgh het Woensdag 21 Junie 2023 vyf verdagtes wat na bewering by dwelmhandel in Galeshewe, Kimberley, Noord-Kaap betrokke was, vasgetrek.

Sers. Timothy Sam sê dwelmbedrywighede is ‘n harde slag toegedien.

Gedurende ‘n tydperk is hofgerigte getuienis wat die verdagtes met die misdaad verbind deur middel van observasie ingesamel.

Die span, bestaande uit misdaadintelligensie, TMS, Kimberley POP, Upington en De Aar se honde-eenhede, Kimberley PKRS en provinsiale kommersiële misdaadspeurders, het die verdagtes vasgetrek.

Daar is op Mandrax-tablette, tik en dagga ter waarde van R103 650 beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Johan Bean, distrikskommissaris vir Frances Baard, was aktief tydens die operasie betrokke en het die publiek, wat die oë en ore van die polisie is, geloof. Hy het voorts gesê die polisie sal hul pogings om dwelmverwante misdade te bekamp, versterk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.