Vermiste man (45) van Robega Village word gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die polisie op Phokeng het die gemeenskap se hulp gevra om Joseph Tsepo Tsheloane (45), wat in die Robega Village naby Sun City bly, op te spoor.

Tsheloane is ongeveer 18:00 op 31 Maart laas gesien toe hy sy huis verlaat het. Hy het tatoeëermerke op sy bolyf, regterarm en linkerbeen. Hy het laas ’n swart broek, wit-en-rooi trui en swart skoene aangehad. Hy bestuur ’n swart Jeep.

 Enigiemand met inligting word aangemoedig om AO Khumo Masenya by 014 566 1700 of 073 801 7173 te skakel.

Bronne: SAPS

Lees ook: ‘Neem André de Ruyter in hegtenis!’ vra NUM