Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die polisie is op soek na ‘n vermiste seuntjie, Kagiso Lesufi (6) van Lebowakgomo, Polokwane. Hy is laas Dinsdag deur sy ouma gesien waar hy met die bure se kinders gespeel het.
Sy ouma het later die dag die bure se kinders gesien, maar Kagiso was weg. Hulle het gesê hulle weet nie waar hy is nie.
Hy het ’n blou-en-grys kortbroek, blou frokkie en grys baadjie aangehad toe hy vermis geraak het.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om lt.kol. Nyamanyayo Thomas Baloyi te skakel by 082 565 8234 of Crime Stop by 08600 10111.
Bronne: SAPS



