Mbalula sê regering sal besluit oor Poetin

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula het gesê die regering sal besluit of Wladimir Poetin na Suid-Afrika sal kom vir die Brics-beraad.

Die internasionale strafhof het ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van president Poetin uitgereik. Suid-Afrika het die ooreenkoms om oorlogskriminele in hegtenis te neem geteken, maar wik en weeg oor die inhegtenisneming van Poetin.

Preident  Cyril Ramaphosa het selfs sy adjunk, Paul Mashatile, aangestel om ‘n interministeriële komitee te lei om Poetin se besoek te hanteer.

Mbalula het gesê hulle sal wag vir die regering se besluit en die party se posisie is dat die Bric-beraad suksesvol moet wees.

Bronne: IOL, News365, Flipboard

Lees ook: Nog aanklagtes aangebring teen Rust wapenhanteerder