Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die nasionale unie vir mynwerkers (NUM) in Mpumalanga het gevra André de Ruyter moet in hegtenis geneem word vir sy beweerde rol in die R500 miljoen sekuriteitskontrak aan Fidelity.
Die NUM Hoëveld-voorsitter Malekutu Bizzah Motubatse het gesê sy unie is “gewalg” deur die “bedrog” en “geldwassery” wat hulle glo het plaasgevind toe die R500 miljoen kontrak aan Fidelity gegee is.
Hulle wil hê die saak moet ondersoek word, want hulle glo nie daar was ‘n rede vir Eskom om so baie geld te betaal nie. Hulle het ook beweer De Ruyter het Eskom “geplunder” en hy moet in hegtenis geneem word.
Hulle het ook beweer as hy swart was, sou daar dadelik ‘n saak oopgemaak gewees het.
Bronne: IOL, Politics Web, TimesLIVE
Lees ook: Verhoor van verdagtes in Nick Frischke-saak uitgestel



