Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Nog aanklagtes is teen die Rust-wapenhanteerder, Hannah Gutierrez-Reed, aangebring na die skietdood van kinematograaf Halyna Hutchins.
Gutierrez-Reed is aangekla van manslag en word nou ook aangekla van die “oordrag van verdowingsmiddels aan ‘n ander persoon”. Die aanklaers het gesê Gutierrez-Reed het dwelms vir ‘n ander persoon gegee die dag wat Hutchins dood is sodat sy nie in die moeilikheid sou kom nie.
Die aanklaers het gesê sy het waarskynlik ‘n babelas op die dag van die skietery gehad, want sy het alkohol gedrink en dagga gerook in die aande tydens die verfilming.
Bronne: BBC, ABC, Reuters
Lees ook: Minstens 31 ‘onwettige myners’ sterf in Vrystaat-myn (find-it.co.za)



