Tiener doodgeskiet op Bethelsdorp

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Twee mense is gisteraand op Bethelsdorp doodgeskiet en een is gewond. Die slagoffers het glo in Lawrence Erasmusstraat geloop toe verdagtes uit ’n silwer Renault op hulle begin skiet het.

Een slagoffer, Justin Malgas (25), is op die toneel oorlede. Die tweede slagoffer (26) is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling en die derde slagoffer het weggehardloop.

Die tiener, Kurtley Rossouw (14), het in sy erf gestaan toe hy deur ’n dwaalkoeël getref is. Hy is op pad na die hospitaal oorlede.

Die polisie glo die skietery is bendeverwant en ondersoek twee aanklagtes van moord en een aanklagte van poging tot moord.

Bronne: SAPS

Lees ook: ‘Neem André de Ruyter in hegtenis!’ vra NUM