Standbeeld van Paul Kruger vir Orania beoog

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Presiese replika van die Paul Kruger-standbeeld wat in Pretoria (Tshwane) op Kerkplein in Paul Krugerstraat staan, sal ook oor twee jaar in Orania pryk.

Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy het die aankondiging op hul Facebook-blad gemaak.

Volgens beplanning sal die standbeeld in 2025 ‘n staanplek in Orania kry.

Paul Kruger het op 14 Julie 1904 gesterf en daar word beplan om die projek op ‘n Orania-dinee op dieselfde datum vanjaar bekend te stel.

Gaste wat hierdie bekendstellingsdinee wil bywoon, moet opskud, want daar is slegs plek vir 210 gaste beskikbaar.

Dit word as ‘n geleentheid bestempel om dit vir oom Paul moontlik te maak om na Orania te verhuis.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.