‘n Baba (10 maande) is Dinsdagmiddag 20 Junie 2023 omstreeks 17:00 na bewering tydens ‘n huisroof in Northdale, KwaZulu-Natal aangeval en op die grond gegooi.
Mi7 National Group sê nood- mediese dienste is na die toneel ontbied.
Aanvanklike rapportering was dat ‘n baba tydens die insident seergekry het en daarom is gevorderde lewensondersteunende spanne na die toneel.
Met aankoms op die toneel is gevind dat ‘n vrou en twee kinders, onderskeidelik 10 maande en ses jaar oud, na bewering aangeval is.
Die vrou het gesê ongeveer sewe mans wat stokke geswaai het, het die huis betree en begin om eiendom te vernietig.
Hulle het glo die baba aangeval en op die grond gegooi, waarna hulle van die toneel gevlug het voordat nooddienste kon opdaag.
Met assessering is bevind dat die baba slegs gering beseer is en nie verdere mediese hulp vereis nie. Die vrou en ander kind het geen beserings tydens die insident opgedoen nie.
Die SAPD is van die voorval ingelig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



