Vrou en haar huiswerker in huis aangeval, beroof

Deel hierdie storie / Share this story

Die publiek se bystand word benodig om ‘n wit VW Polo met registrasie NUR 81606 op te spoor.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het vier gewapende verdagtes die bestuurder van die voertuig glo gekonfronteer toe sy besig was om haar eiendom in Sunlark-rylaan in Dawncrest KZN te verlaat.

Hulle het die vrou uit die voertuig na haar huis gedwing. Hulle het haar en haar huiswerker glo aangerand voordat hulle opdrag gegee is om in die badkamer te bly.

Die rowers het die huis geplunder en ‘n TV en ander huishoudelike items gesteel. Hulle het sleutels geëis van ‘n VW Golf 7 R wat op die eiendom was, maar die sleutels was nie in die huis nie. Hulle het daarna in die vrou se VW Polo gevlug. ‘n .38-koeël is in die erf gevind. Die slagoffers het ligte beserings opgedoen.

Indien iemand die voertuig gewaar, kontak Reaction Unit South Africa (Rusa) by 086 1234 333