Vrou in hof na man se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Nadat Gideon van Eck (60) op 13 November 2022 na bewering deur sy vrou op die plaas Bakenkop, Kariega in die Oos-Kaap doodgeskiet is, het sy Dinsdag 20 Junie 2023 vir sy moord in die hof verskyn.

Kol. Priscilla Naidu sê die saak was nie voorheen op die rol geplaas nie.

Natasha van Eck (56) het tydens haar man se dood op die 15de November 2022 in die hof verskyn, maar sy was hangende opdrag van die senior staatskaanklaer vir verdere ondersoek vrygelaat.

Die dossier is egter Dinsdag 20 Junie na die hof teruggestuur, waartydens Natasha van Eck in die hof verskyn het.

Die saak is tot 5 Julie 2023 in die hof uitgestel.

FiND iT het op 18 November 2022 soos volg berig:

Gideon van Eck (60) ‘n welbekende boer van die plaas Bakenkop, Kariega, in die Oos-Kaap, is Sondagaand 13 November om ongeveer 20:35 glo deur sy vrou doodgeskiet.

Daar word beweer dat hulle in ‘n rusie betrokke was. Hy is in die kamerdeur van hul slaapkamer met ‘n enkele skietwond aan sy kop gekry.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van moord is by die Uitenhage-polisiestasie geregistreer. Die vermeende verdagte is in hegtenis geneem en het reeds op 15 November in die hof verskyn en is weer vrygelaat hangende verdere ondersoek in die saak.

Die saak is vir eers nie op die rol geplaas nie en die dossier sal na die ondersoek voltooi is na die Senior Staatsaanklaer (SSA) vir beslissing gestuur word.

Kommentaar op die moord het gewissel van dat die paar gelukkig getroud was tot waar hulle gesien was waar hul meningsverskille gehad het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.