Vermiste mans deur Umlazi-polisie gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Drie vermiste persone word deur die Umlazi-polisie gesoek.

Die eerste een is Simo Jabulani Buthelezi (43). Hy is laas op 25 Mei by die Prince Mshiyeni-hospitaal gesien in ’n swart baadjie, donkerblou T-hemp en swart Adidas-kortbroek. Hy het verskeie tatoeëermerke op sy liggaam.

Minenhle Madonsela (19) is laas op 30 Mei gesien toe hy ‘n familielid se huis in Umlazi verlaat het. Hy het ‘n donkerblou sweetpak met wit strepe, rooi hemp en rooi plakkies aangehad. Hy is verstandelik gestrem.

Simphiwe Moonlight Khawula (32) is laas op 4 Junie deur sy suster gesien. Hy het ‘n bruin sweetpak met geel strepe aangehad en bruin oefenskoene.

Enigiemand met inligting oor die mans word versoek om sers. Cele te kontak by 031 325 6256 of Crime Stop by 08600 10111.

Bronne: SAPS

Lees ook: Meer as 30 beseer in Parys-ontploffing