Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Altesaam 37 mense is beseer tydens ‘n groot ontploffing in die middel van Parys Frankryk.
Die ontploffing was in Rue Saint Jacques by ‘n gebou waarin ‘n ontwerpskool en die Katolieke onderwysstelsel se hoofkantoor is.
Reddingswerkers is besig om deur die oorblyfsels van die gebou te gaan op soek na twee mense wat vermis is.
Die plaaslike adjunk-burgemeester het gesê die ontploffing is veroorsaak deur gas wat gelek het, maar die owerhede het in ‘n verklaring genoem die oorsaak van die ontploffing is nog onbekend.
Bronne: BBC, Reuters, The Guardian



