Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Elon Musk en Mark Zuckerberg het ingestem om teen mekaar in ‘n hokgeveg (cage fight) te baklei.
Elon Musk het ‘n plasing op Twitter gemaak dat hy “bereid is vir ‘n ‘cage fight’ met Mark Zuckerberg. Zuckerberg het ‘n skermgreep van Musk se twiet geplaas met die opskrif “stuur vir my die ligging”. Musk het toe geantwoord “Vegas Octagon”.
Musk, wat 52 word die maand, het gespot oor hoe hy nie oefen nie terwyl Zuckerberg (39) opleiding in MMA het en jiu-jitsu kompetisies gewen het.
Bronne: BBC, British Herald, Independent
Lees ook: Meer as 30 beseer in Parys-ontploffing



