Tweejarige ‘skiet’ swanger ma – sy en ongebore seun sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Laura Ilg (31) en haar ongebore babaseun is Vrydagmiddag in Ohio VSA dood, toe haar tweejarige kleuter ‘n vuurwapen in die hande gekry en haar glo in die rug geskiet het.

Norfolk-polisie sê in ‘n verklaring sy het ‘n oproep na 911 gemaak en vir die operateur gesê dat sy 33 weke swanger is en deur haar tweejarige seun geskiet is.

Alek IlG, haar man, het kort hierna ‘n oproep na 911 gemaak om te sê dat sy vrou hom gebel het en geskree het sy het hulp van die polisie nodig.

In ‘n 911-opname wat deur die polisie vrygestel is, kan gehoor word hoe sy om hulp smeek en sê dat sy op die boonste verdieping is en die voordeur oopgebreek moet word.

Offisiere het drie minute nadat sy gebel het omstreeks 13:14 by haar opgedaag, waarna sy aan hulle verduidelik het wat gebeur het. Sy is daarna na die Fisher Titus- mediese sentrum geneem en ‘n noodkeiser is uitgevoer.

Die babaseun is in minder as ‘n uur vandat die oproep vir hulp gemaak is oorlede en sy moeder is om 17:10 dood verklaar.

Beslag is op ‘n SIG Sauer P365-vuurwapen met ‘n afgevuurde doppie en ‘n gelaaide magasyn, wat volgens Alek se verduideliking in ‘n bedkassie in hul kamer gehou is, gelê.

‘n 12 Boor-haelgeweer en ‘n airsoft-geweer was ook volgens polisie in die huis.

Geen kriminele klagte is geregistreer nie. Die ondersoek se bevindinge sal na die plaaslike aanklaer se kantoor gestuur word.

David Smith, polisiehoof van Norwalk, het gesê die huis het baie kinderveiligheidskenmerke, maar baie van die hekke was glo gereeld oop.

“The gun was left out, but it shouldn’t have been accessible to the child, apparently she didn’t know he was in the room at the time,” het Smith gesê.

Libbie Ilg Tenaglia het die volgende plasing met foto’s van die gesin voor die tragedie gedeel:

This is my handsome, and genuinely loving nephew Alek Ilg and his beautiful wife, Laura Ilg . Laura and their 2nd, unborn child, Talisen, passed away suddenly. It’s a tragic loss for everyone. Especially their first born sweet boy ******. He is a beautiful gift to this world and we will be forever grateful he is with us. Please pray for this little family that went from almost 4 to 2 in the blink of an eye. My heart is so shocked and sad. God bless you Alek and *****.

Bronne: NBC News, People.com, USA Today

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.