Stoetbulle ter waarde van R500 000 vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Twee Brahmaan-stoetbulle het tussen 17 en 19 Mei 2023 van ‘n plaas in die Bohlokong-area verdwyn.

AO Mmako Mophiring sê Fouriesburg-veediefstaleenheid versoek hulp van die publiek om die twee stoetbulle op te spoor.

Elke bul is onderskeidelik R250 000 werd.

‘n Saak van veediefstal is geregistreer wat ondersoek word.

Enigiemand wat weet waar die twee bulle is, kan met lt.kol. Smith by 082 466 8667 of AO Van Vuuren by 083 454 9442 kontak maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Lees meer artikels op FiND iT hier.