Mpumalanga-man wat familie glo skiet verskyn in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man in hegtenis wat glo sy familie vermoor

‘n Mpumalanga-man (32) wat na bewering Donderdag vyf van sy familielede geskiet het, het Maandag in die Piet Retief-landdroshof verskyn.

Volgens die polisie het ‘n familielid die polisie gebel na hy Donderdag geloop het en teruggegaan het na ‘n geslote huis met ‘n radio wat kliphard speel.

Na hy die deur moes oopbreek het hy ‘n familielid, bekend as Siyabonga Sangweni, met ‘n vuurwapen gesien. Hy het die liggaam van sy ouma (71) en drie kinders (3, 8 en 10) in aparte slaapkamers gekry.

 Sy suster (22) was langs sy ouma met skietwonde. Daar is met hasr na ‘n hospitaal gejaag vir behandeling, waar sy steeds is.

Sangweni is in hegtenis geneem met die vuurwapen steeds in sy besit. Die saak is uitgestel tot 27 Junie vir sy formele borgaansoek.

Bronne: IOL, Twitter

Lees meer artikels op FiND iT hier.