Daar is baie ‘misinformasie’ oor NGV wetsontwerp – Joe Phaahla

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: DA ondersteun nie Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering nie

Die gesondheidsminister, Joe Phaahla, het gesê daar is baie “misinformasie” oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV) wetsontwerp wat versprei word, meestal deur die gesondheidsektor.

Phaahla het gesê die sektors wat bekommerd is oor hulle wins verloor versprei misinformasie om hulle eie belange te probeer beskerm.

Phaahla was gister weer in die parlement om die nasionale raad van provinsies in te lig oor die wetsontwerp wat gesondheidsorg vir almal sal verskaf wat deur die staat betaal sal word. Die kommitee het verskeie kommerwekkende punte gelig oor bepalings in die wetsontwerp.

Phaahla het gesê hulle moet fokus op die kwesbare mense.

Bronne: Cape Talk, EWN, HeadTopics

Lees meer artikels op FiND iT hier.